94ste Oscar-toekenningsaand

  94ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 27 Maart 2022
Plek Dolby-teater, Hollywood
Pryse & benoemings
Beste rolprent  CODA
Beste regisseur  Jane Campion
Beste akteur  Will Smith
Beste aktrise  Jessica Chastain
Meeste pryse  Dune (6)
Meeste benoemings  The Power of the Dog (12)

Die 94ste Oscar-toekenningsaand is op 27 Maart 2022 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles, gehou om met Oscars, ook bekend as Academy Awards, erkenning te gee aan die rolprente van 1 Maart tot 31 Desember 2021. Die aand is later as die gewone datum in Februarie gehou om 'n botsing met die Olimpiese Winterspele 2022 en die Superbowl te voorkom.[1] Die aktrises Regina Hall, Amy Schumer en Wanda Sykes het die show vir die eerste keer aangebied.[2]

Die prent CODA het drie pryse gewen, onder meer een vir beste prent. Dune het met ses pryse die meeste gewen, gevolg deur The Eyes of Tammy Faye (twee).[3]

Tydens die seremonie het Will Smith die komediant Chris Rock geklap nadat Rock 'n grappie oor Smith se vrou, Jada Pinkett Smith, gemaak het wie se kop geskeer was weens alopecia areata (kaal kolle). Die Academy het Smith as straf vir 'n dekade verbied om sy geleenthede by te woon.

  1. Feinberg, Scott (27 Mei 2021). "Oscars: Academy Announces Date for 94th Oscars and Key Events Leading Up to It". The Hollywood Reporter. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2021. Besoek op 7 Februarie 2022.
  2. Wong, Wilson (15 Februarie 2022). "Oscars 2022: Wanda Sykes, Amy Schumer and Regina Hall to Host". NBC News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Junie 2022. Besoek op 15 Junie 2022.
  3. Couch, Aaron (27 Maart 2022). "Oscars: The Winners by Film". The Hollywood Reporter. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2022. Besoek op 12 September 2022.

Developed by StudentB